Jaarboeke

Metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies 811


 
Modulekode TPI 811
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Oorsig, aard en rasionaal van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies; unieke probleme in metropolitaanse gebiede, byvoorbeeld agteruitgang van die middestad, randontwikkeling, behuising- en dienstetekorte, die disfunksionele Apartheidslandskap en afhanklikheid van private vervoer; Tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede op 'n relevante, sosiale en omgewings-verantwoordbare manier te bereik. Beleid en wetgewing van toepassing op stedelike herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrika. Internasionale en plaaslike gevallestudies; Die impak van globalisasie op Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede en groot stede; Simulasie-oefening van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 40 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Stads- en Streekbeplanning
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences